Lewensreis en wurgmomente van Anton van Zyl.
Kontakinligting:
anton@skemerberg.co.za / 082 5711 721
VAN KAKIEBOS TOT
KREMETART - die lewensreis en wurgmomente van Antonius van Donderbos van
bloudraad van Zyl - oftewel Anton van Zyl: vernuwende Teoloog, Bybelkenner,
Antieke tale kenner, kerkplanter, ingenieur, entrepreneur en motiveringspreker.
Die boek is hier! Sou jy een wou bestel in RSA - betaal asb R350 (R250 plus
R100 posgeld) in rekening: A.M van Zyl Absa tjekrek Hartbeespoort, nr
640178353. Stuur betalingskennisgewing aan anton@skemerberg.co.za (verw: jou
van & boek) Stuur ook jou naam en van, selnr en adres in e-pos sodat ons
die boek na jou naaste Postnet kan stuur.
As jy in Harties
is, kontak Anton by 0825711721 - as jy dus nie die boekbekendstelling op 1
Desember bywoon en 'n boek daar aanskaf nie (moet RSVP).
Die E-boek (pdf
file) kan teen R195.00 by Anton bestel word. Inbetaal en bestel soos daarbo -
spesifiseer: e-boek. Dankie!
Hier is die agterbladteks:
VAN KAKIEBOS TOT KREMETART
Deur Anton van Zyl
Die wurgmomente van Antonius van donderbos van bloudraad van Zyl.
Vernuwende Teoloog, Spreker, Ingenieur,
Sakeman
(B.Th./ M.Div./ MA: Antieke Tale/ MA.
Gesinsterapie/
MA. Missiologie. /B.Ing.)
Die seisoene van die lewe het in ʼn
doolhof uitgeloop. Aanvanklik het Anton gedink dit is 'n labirint. Hy het keer op
keer hom in die doodloopstraat bevind. Vir jare het sy karakter wegkruipertjie
gespeel met sy siel. Met geluk en goue lepels het hy altyd bo-op die perd se
rug gebly. Sy vriende het hom saamgesleep deur die tuimeltrein van avontuur en
grootword.
Met deursettingsvermoë en drome soos feëverhale het hy dit reggekry om
tot bo op die eerste golwe te kom. Sy eerste gevegte was met die reuse van die korporatiewe
wêreld. Maar die rotteresies en dekadensie van die sakewêreld sou hy moes
trotseer, voordat hy in sak en as sy heil moes loop soek in die dieptes van sy
binnekringe.
Sou sy antwoorde kom van bonatuurlike magte of sou sy depressie en
afwesigheid van visie en gedagte hom sleep tot in die duisternis van
verdoemenis? Wat was die kanse op tweede en derde geleenthede? Hoe sou hy sy
waarde weer terugvind van die ashope van drenkelinge en verslaafdes?
Hierdie verhaal loop deur die stofgetrapte grondpaaie van Namakwaland
tot in die hoogste verdiepings van die Hancock gebou in Chicago. Van klein
saadjies wat in dorre lande geplant word en groot bome word wat skaduwee maak
vir moeë siele wat rus soek. Dit vertel van begeertes en drome wat doodloop in
werklikhede. Van liefde en verwerping. Van teleurstelling en verwyte. Van
menswees en grootword. Van geloof en hoop.
No comments:
Post a Comment