QUOTATION OF THE DAY:

The illiterate of the 21st century is not someone who cannot read or write, but someone who cannot learn, de-learn or relearn. (Alvin Toffler)

Monday, October 17, 2011

DIE PENTALOGIE OOR GROEPE

Pentalogie: Op watter manier neem jy deel?
Pentalogie aangaande dienslewering en deelname in groepe.

Inleiding
Aangheg is 'n model oor hoe die effektiwiteit van groepsdeelname verhoog kan word. Hierdie model is 'n handige instrument waarmee groepsamestelling en uitsette gemaksimeer word sodat projekte meer doeltreffend en suksesvol afgehandel word. Totale sinergie veroorsaak nie net sukses nie, maar ook geluk en tevredenheid. Behalwe die funksionele take en betrokkenheid, raak mense op verskillende maniere deel van 'n groep: hulle mentaliteit, benadering, agtergrond, fokus, insig en energie, onderskei hulle.

Mense wat 'n positiewe bydrae lewer tot die samelewing doen dit op die volgende maniere. Afhangende van jou karakter en breinprofiel en emosionele denktoestand word die volgende vyf toestande onderskei:

1.    Hen Vrywilligers: Oranje deelnemers
Hierdie mense is die omgee mense in ons gemeenskappe. Hulle is altyd besorg oor die welstand van ander. Hulle wil weet hoe dit regtig gaan met jou. Hulle wil mense onderskraag. By hulle gesinne sal hulle die huishen wees: het almal kos gekry en is die pleister op en is die medisyne gedrink. Hulle hoor baie vinnig van probleme en is sensitief vir afwykings. Hulle kan dikwels besig wees met die oues en die siekes in die gemeente. Hulle wil versorg oor 'n breë spektrum. Hulle kan geklassifiseer word as die engeltjies by die werk. Hulle is meer emosioneel ingestel. In die liggaam is jy die Oor en die Hart (Christene). Hulle is baie bemoedigend. Hulle praat mense moed in en troos maklik. Jy is altyd besig met die pastoraat. In jou hart is jy 'n Herder en dit oorskadu al die ander bedienings.

2.    Hond Vrywilligers: Blou deelnemers
Hierdie mense is die motiveerders in die wêreld. Hulle is opbouende mense wat hoopvol is en die goue randjies in die lewe raaksien en ken. Hulle sien altyd uitkomste en oplossings. As jy hulle sien dan waai hulle sterte en is wagtend. By die werk kan hulle dikwels die joker wees omdat hulle altyd situasies ontlont. Hulle is ondersteunende mense in die gemeenskap wat maklik aanvul en byvoeg. Hulle is dikwels meer spiritueel as ander. Hulle bereidwilligheid trek jou altyd in. In hulle gesin sal hulle altyd appèl rig tot negatiewe uitsprake. Hierdie mense is baie beskikbaar en het altyd planne vir alles. Hulle is die redders in die lewe. Jy is die nek en die maag van die liggaam. In jou hart is jy 'n Evangelis en dit oorskadu die ander bedienings.

3.    Uil Vrywilligers: Geel deelnemers
Hierdie mense is die ouens met die antwoorde. Hulle is altyd reg met 'n slim woord. Hulle is objektiewe mense wat onpartydig kan staan in 'n saak. Hulle kan altyd waarde toevoeg tot die situasie. Hulle is die onderwysers en die leerders. Hulle sal betrokke wees by opvoeding en skoling. Hulle dink baie rasioneel oor alles. In die liggaam is hulle die brein. Hulle is baie insiggewend en verligtend. Op een op ander manier is hulle maar doenig met die onderrig of afrigting. Dikwels kan hulle spesialiste wees, maar het ook goeie algemene kennis. Hulle gee maklik instruksie oor iets en begryp dinge vinnig. Hulle snap hou wat aangaan en deel dit dadelik. In jou hart is jy 'n Leraar en dit oorskadu al die ander bedienings.


4.    Arend Vrywilligers: Pers deelnemers
Hierdie mense is die praters wat baie sin praat en ook weet wat is aan die gang. Hulle sal dikwels die Speaker wees by afvaardigings en die diplomatiese mense wees by situasies en beslissings. Hulle is ouens met insig het en kan die gebeure so bietjie vooruit sien – hulle weet wat gaan gebeur omdat hulle die konteks perfek lees. Hulle sal dikwels gemoeid wees met die veiligheid van omstandighede en situasies. Hierdie ouens is wakker en oplettend, selfs oor die klein dingetjies. Hulle spreek dikwels morele en etiese kwessies aan en leer dikwels opbouende kritiek oor gebeure. In hulle huisgesinne is jy die vadertjie wat altyd antwoorde het. In die liggaam is jy die oog en die mond. Jy is 'n Profeet in jou hart en dit oorskadu al die ander bedienings.



5.    Mier Vrywilligers: Groen deelnemers
Hierdie mense is die go-getters in ons gemeenskappe. Hulle is visioenêre ouens wat baie energie het en die werk verstaan. Hulle is die miere wat heeldag en aldag besig met die take wat hulle opgelê is. Hulle word self gemotiveer en aktiveer baie dinge waar hulle werk en woon. Hulle is entoesiasties en verstaan hulle werk baie omvattend. Hulle sal altyd hulle vriende help, selfs meer as wat hulle kan. In hulle huisgesin is hulle die moedertjie wat altyd in beheer is. Hulle is baie betrokke in hulle gemeenskappe op die rade en kommissies. Hulle sal dikwels bekend wees as die grinder by hul kollegas. In gemeentes is hulle gewoonlik reeds betrokke met meer as een ding. Jy is 'n Apostel in jou hart en dit oorskadu die ander bedienings.

Enige tekortkominge kan uitloop op die volgende situasies:

1.      Geen visie – Daar word uiteindelik net rigtingloos energie vermors sonder dat langtermyn voordeel inhou.
2.      Geen wysheid – baie energie word gebruik as noodsaaklik en mense word uitgebrand.
3.      Geen hoop – mense verloor spoed en sal uiteindelik ophou.
4.      Geen energie – geen werk gebeur nie.
5.      Geen omgee – Verhoudings sal agteruit gaan en mettertyd sal dinge skeef loop.

Natuurlik word baie groepe gevorm deur verkeerde samestelling en groeperings en dan kom niks van die grond af nie en daar is dalk nie sustainability nie. Gewoonlik word seleksie gedoen met die energie tipe mense en daar is nie ander ouens nie.